Nee kyk vandag is nie my dag nie
.
Die krag was alweer af, soos elke dag nog sover. Die hi-fi WERK NIE sonder krag nie, ek soek musiek om my, heeldag. Rekenaars werk ook nie sonder krag nie (ek meen ‘n battery hou ook maar net so lank) … ek moet oeste oppas
ek is ‘n plek in die hondehok belowe (sodra ons weer ‘n hond kry) as daar weer ‘n ding vrot word ![]()
Al manier om die blou uit hierdie dag te haal is om lekker hard saam te luister na die songs. Saam te sing en sommer so bietjie saam te wieg ook. (Luister net die vloekwoorde mis in die 1ste video … )
Het vanoggend ook gou weer ‘n foto’tjie van Kleine Presious laat neem, net om seker te maak alles is okey. Ai tog dis ‘n skaam kind die
Ek sluit dan hierdie dag af met musiek. Soos wat die krag en die boerdery dit toelaat
sal ek die klomp halwe post’s wat in die draft folder le, klaar maak en post.
Lekker week vir almal
En hier is ek ook nou!
Somehow dink ek ons gaan ‘kliek’. Vertel alles van jou lewe daar!
Hello Vlam
Welkom hier
Net ouboet se matriek farewell agter die rug kry volgende naweek en terug kom by die huis in Dar Es Salaam, dan is ek volstoom terug by die blog