Ons is nou so rapsie oor die twee weke al in DAR en ek is besig om mal verlief te raak op die plek. Met die tipiese Afrika manier van dinge doen kruip die plek vinnig in jou hart in … en jy pas aan sonder krag en al
Die 1ste week hier het ons leterlik uitgekamp in die huis, opblaas matrasse en kamp stoele, die works
Glo my na die 4de aand begin jy jou bed mis en as ons meubels 2 dae later hier moes aankom het Frank ‘n ander bed gaan koop net om my mond stil te kry.
So word ons toe mos nou een oggend wakker gemaak met ‘n ge-doef, doef, doef, gilletjie, Michelle wat skree soos sy lag nog ‘n gilletjie weer ‘n doef, doef, doef ‘n opgewonde gilletjie van Franklin weer doef, doef en ‘n baie ernstige Linda wat vir Michelle aanspreek “Jy moet sagter, jy gaan al die mense wakker raas” Jy is onmiddelik wakker, helder wakker, want as Michelle op en aan die gang is beter jy kyk en vinnig ook voor jy met 3 dae se opruim werk sit en dit in ‘n lee huis. Met die dat Franklin besluit het hy slaap nie in die camping cot nie maar ook eerder op ‘n matras by ons, en dat hy nou al die wereld vol kruip, weet ons nie van die kind nie. Die spesifieke oggend het hy tot voor die venster gekruip (hier is sulke merske groot vensters in die huis) en daar gaan sit en kyk vir sy sussies wat so baljaar in die reen buite. Daar moes natuurlik honderde klein handmerkies van die venster afgewas word, but who cares
die gesig was priceless.
My engel kind word nou te vinnig groot.
Ek vertel later in die week vir julle van die heerlike naweek wat ons sonder krag gehad het
Sommer die bure ook kom voorstel hier, regte klomp party animals die mense
Sal ook foto’s
kom wys van die besoek aan die aarbei plaas.
Dis weer ‘n heerlike warm dag hier (lees $#@% warm) ek hoor die see roep
Hi Bossie
Ek het die foto’s van die 2 rakkers baie geniet. Duidelik het hulle groot pret hier!!
Franklin word nou yslik groot en mens kan daai laggende gesiggie sommer opeet.
Is dit Linda daar by Michelle?
Ek is bly julle bly lekker en kan nie wag vir die foto’s van die aarbei plaas nie.
Geniet die see!!
Liefde vir almal
‘ello Wippie
soos wat die 2′tjies tekere gegaan het moes dit ‘n belewenis gewees het.
Dit is Linda saam met Michelle’tjie op die foto’s, ek sal die ander op fb sit
(moes haar omtrent blink lek om die foto hier te kon plaas)
Ai Wips dis my hart se punt, ek kan hom op druk hoor
Groete daar vir almal
Hugs
Hallo daar ek ontdek jou sopas. Waar is DAR???
Franklin! Dis nou ‘n goeie naam, die kind gaan dit ver bring
Hello Rosa
Welkom hier op die nuwe blog
Ou blog is op “private” gestel, hy is so ietwat soos ‘n boom
wat halfpad deur goggas opgevreet is. Dalk is daar eendag weer lewe
Hoop om jou gereeld hier te sien.
DAR is Dar Es Salaam, Tanzanie.
Jy sien, ek het altyd geweet jy is ‘n slim vrou.
Hoe kan mens dan nou wonder oor die naam Franklin en Franklin snr is not to bad either
Rosie ontdek jy nou eers hierdie bloeisel in my lewe.
Bossie is die ma van my blog peetkind!!
Ek het hom gesteel voor iemand anders ogies op hom kon lê. Hy gaan dit regtig ver bring hoor, hy het vinnig begin lag en kruip die wêreld vol. As ‘n kind vinnig begin lag, beteken dit “slim”, hy sien al die snaaksighede op vroeë ouderdom raak. Daar is grootmense wat nog so agter is, hulle weet nie eers hoe om te lag en humor raak te sien nie!! 
ps: Baie mooi foto van Linda!
Dit is beautiful fotos!
Moose jy gaan nog agterkom ek is foto verskrik, as hy / dit of iets roer dan snap die kamera
Daai baba is regtig cute, en ek is nie die cute-tipe nie. so daar het julle dit.
Dar es Salaam, lekker avontuur ek is mal vir Afrika reis en so maar was nog nie in tanzanie nie. Lekker. Ek sal kom kuier. Wippie ken ook almal
Rosa ek wag vir jou kuier